Oor skoolhekke en vriende…

Daar het al amper drie jaar verloop sedert die twee meisiekinders braaf deur die nuwe skoolhek gestap het om ‘n nuwe seisoen te betree na ‘n slegte ervaring.

In 1979 het ek ook so nuwe ervaring gehad.  My pa was deel van die ou Departement Samewerking en Ontwikkeling in Ciskei en ons het vir ongeveer vyf jaar op die pragtige Oos-Kaap dorpie Alice gewoon.  Daar was ek in sub A slegs die vierde kind in die skooltjie van so bietjie meer as ‘n honderd leerlinge se geskiedenis wat met die “verkeerde” hand my potlode vasgehou het.  Maar ek het ‘n baie oulike onderwyseres gehad wat moeite gedoen het om hierdie hotklou se skrif in bietjie langer as ‘n jaar van ‘n C- tot B te neem.
Gedurende April 1979 breek daar egter ‘n nuwe seisoen vir die Bester-huishouding aan en beland in ‘n nuwe skool in die Noorde met meer as agthonderd kinders, twee saalkomplekse en ten minste vyf skoolhekke…  Nou kyk, dis ‘n redelike aanpassing.  Ek land tussen drie en dertig kinders langs ‘n babbelbek maatjie in die graad twee klas en die nuwe juffrou praat heeltemal te vinnig na my sin.  Teen die einde van eerste pouse is ek so deurmekaar soos groentesop in ‘n voedselverwerker want buiten my nuutste maatjie se gebabbel, Dries Holtzhausen se belangstelling in my koeldrankbottel en juffrou Lightfood se vinnige tempo, is daar ook nog die probleem dat ek geen idee het by watter hek my pa my vanoggend agelaai het nie.  Ek weet nie eers hoe om aan die voorkant van hierdie massiewe skool te kom nie.  So hoe op dees aarde gaan ek ooit my pa se kar vanmiddag kry?  Gedurende tweede pouse verskoon ek my dus van die nuwe vriendekring en gaan soek daai hek. Met groot verligting vind ek dit en vir die eerste keer sedert ek die skoolgronde betree het voel ek ‘n stukkie rustigheid in my gemoed. Maar dit is van korte duur want toe die klok lui om die einde van pouse aan te kondig het ek weer geen idee waar die graad 2A klas is nie.  En so begin die volgende soektog…  Gelukkig is daar ‘n vriendelike prefek wat my na tien minute se mislukte soektog slegs twintig meter in die ander rigting neem en kan jy glo…  Hier is die bekende gesigte terug.  Gesigte wat gedurende die volgende dekade vriende en vriendinne sou word met wie ek vandag nog kontak het.

Vanoggend, toe albei my kinders sonder enige huiwering deur die nou bekende skoolhekke hul weg vind, weet ek…  Nes ek jare gelede, het hulle ook tuisgekom in ‘n omgewing waar hulle sommer net kan wees.  Hulle het ook nuwe vriende gemaak…  sommige wat ook babbel of vreeslik belangstel in die inhoud van hulle kosblikke, maar veral vriende wat hartsmense sal wees voorkant toe.

This entry was posted in Algemeen, Familie stories. Bookmark the permalink.

1 Response to Oor skoolhekke en vriende…

  1. Dries sê:

    Wens soms ek het jou geheue gehad my vriend…..
    Ja, dekades later nê…

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s